Drie Koninkryke

Versierde stene uit die tydperk van die Drie Koninkryke, uit die muur van ’n ondergrondse grafkelder.

Die Drie Koninkryke (220280 n.C.) was ’n driedelige opset van die state Wei (魏), Shu (蜀) en Wu (吳) nadat die Han-dinastie sy mag in China verloor het. Dit was die begin van die Tydperk van Onenigheid. Om ’n verdere onderskeid te tref tussen dié drie state en ander historiese state met dieselfde naam, het historici ’n ekstra karakter bygevoeg: Wei is ook bekend as Cao Wei (曹魏), Shu as Shu Han (蜀漢) en Wu as Oostelike Wu (東吳).

Die term "Drie Koninkryke" is misleidend, want die state is nie deur konings regeer nie, maar deur keisers wat aanspraak gemaak het op die nalatenskap van die Han-dinastie. Die term "Drie Koninkryke" word egter algemeen gebruik.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search